About
Hier sal julle alles vind wat julle benodig om jul klasse effektief aan te bied. Die video's kan julle as leiding gebruik, of dit in die klas op ’n TV of rekenaar speel sodat die leerders saam met die video’s aan die klankies kan werk. Daar is ook toetsblaaie beskikbaar om leerders se klankies te toets – let daarop dat die leerders die klankies korrek uitspreek, veral met die twee-klankies. Die werkskaarte moet gereeld geoefen word vir goeie vaslegging. By Lees deur Kleur glo ons nie aan geskrewe verslae nie; ons neem eerder 'n video van die leerders wat die klankies op die toetsblad voltooi, wat ’n visuele verslag aan die ouers bied. Soos die leerders vorder, kan jy weer 'n video neem om die ouers op hoogte te hou van hul kind se vordering – jy hoef dit egter nie elke klas te doen nie. Indien julle ouer leerders het wat sukkel met lees, maak ook 'n video van die eerste les waar die leerder lees. Soos hulle vorder, neem weer ’n video om die vordering te toon – dit motiveer die ouers en laat hulle die impak van die lesse sien. Ons fokus nie net op klankies en lees nie, maar ook op lettervorming, wat baie belangrik is vir leerders se voorbereiding vir Graad 1. Maak die lesse opwindend en interessant, sodat die leerders uitsien na die volgende klas. Ons sluit gewoonlik die laaste 5 minute af met ’n speletjie soos kringetjie en kruisies, wat die leerders baie geniet, veral as hulle wen! Julle as tutors is baie welkom om vir my ’n video te stuur waar julle die klas aanbied, sodat ek vir julle leiding kan gee waar nodig.
You can also join this program via the mobile app. Go to the app