Tutorprogram: Inligting
Die Lees Deur Kleur kursus is spesifiek ontwerp vir individue met 'n passie vir kinders en 'n begeerte om leesvaardighede in Afrikaans op 'n prettige en effektiewe manier te ontwikkel.
Kursusinligting:
Inleiding tot Lees Deur Kleur: Jy sal die teorie en navorsing agter ons unieke leesmetode leer
en verstaan waarom kleur 'n kragtige hulpmiddel in leesontwikkeling is. Die kursus is heeltemal aanlyn en jy kan dit in jou eie vrye tyd voltooi. Dit is ontwerp om nie langer as 2 ure van jou tyd te neem nie, wat dit maklik maak om in te pas by jou skedule.
Sertifisering: Na voltooiing van die kursus ontvang jy 'n sertifikaat wat jou kwalifiseer om die
Lees Deur Kleur program aan te bied. Hierdie sertifikaat verleen jou geloofwaardigheid en
gee jou die nodige gereedskap om kinders met selfvertroue te help lees.
Kursusvoordele:
Professionele Erkenning: Die sertifikaat bewys jou bevoegdheid in ons program, wat jou in
staat stel om formeel lesse aan te bied aan kinders wat leesondersteuning benodig.
Ondersteuningsnetwerk: Jy word deel van ons gemeenskap van opgeleide tutors en kry
toegang tot deurlopende ondersteuning en hulpbronne.
Inkomste as Tutor:
Jy sal verdien op grond van die aantal lesse wat jy aanbied. Jy kan jou eie tariewe stel, wat
afhang van jou ervaring en die mark in jou area.
Byvoorbeeld, as jou standaard tarief R300 vir 45 minute is, kan jy aan klante 'n spesiale
opsie bied waar hulle R260 vir 45 minute betaal indien hulle 10 lesse vooruit bespreek.
Hierdie bedrag is R2600 en is vooraf betaalbaar, wat vir jou 'n stabiele inkomste verseker en
vir die kliënt 'n kleiner tarief per sessie bied.
Ek stel voor dat leerders ten minste 2 keer per week lesse bywoon om optimale resultate te
bereik.
Jy kan ook groepslesse aanbied teen 'n aangepaste tarief per kind, wat 'n meer bekostigbare
opsie vir ouers is.
Resultate en Lesse: Gewoonlik begin kinders resultate te sien na ongeveer 3 lesse, aangesien die Lees Deur Kleur stelselmatig en kleur-gebaseer is, wat reeds bewys het om baie effektief te wees.
Koste en Voordele:
Kursusfooi: R599 om die kursus te voltooi en die sertifikaat te ontvang.
Pakket: R2399 vir 'n volledige pakket met 11 boeke, 4 werkkaarte en 450 flitskaarte wat jou
sal ondersteun in die onderrig van leesvaardighede.
LEES DEUR KLEUR IP-fooi van R500 per maand:
Met die betaling van die maandelikse R500 IP-fooi kry jy toegang tot eksklusiewe Lees Deur Kleur
materiaal, insluitend werkskaarte en opvoedkundige hulpbronne wat slegs beskikbaar is vir ons
opgeleide tutors. Boonop sal jy volle toegang hê tot ons logo en handelsmerk-materiaal, wat jou
toelaat om jou dienste op 'n professionele manier te adverteer en te bevorder. Hierdie fooi verseker ook dat jy voortdurend ondersteuning ontvang en toegang het tot opdaterings en nuwe inhoud.
As 'n spesiale voordeel sal jy die Engelse Lees Deur Kleur kursus, wat teen Desember beskikbaar sal wees, heeltemal gratis ontvang.
Verder is jou eerste maand se IP-fooi gratis, en ons sal jou ook elke maand op ons sosiale media
platforms adverteer om te verseker dat jy sukses behaal en jou sigbaarheid in jou area vergroot.
Kontak ons gerus vir enige verdere vrae of om aan te sluit by hierdie wonderlike geleentheid !